GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 24

NUUS | BROKKIES
Ten spyte van uitdagings is die Suid- Afrikaanse varkbedryf steeds op goeie voet . Volgens Dr Peter Evans , Hoof van Verbruikersekerheid by SAPPO tel Suid- Afrika onder die vyf lande met die gesondste varkboederye in die wereld .
Volgens Evans het die omgewing waarbinne produsente ‘ n bestaan moet maak die varkbedryf se uitkyk op siektebestuur verander . Daarom , sê hy , volg SAPPO ’ n risikogebaseerde benadering . Hy het ook beklemtoon dat biosekuriteit onderhandelbaar is .
“ Pork 360 is die basis waarvolgens ons risiko ’ s binne die totale waardeketting bestuur . Dit dryf die implementering van ons aksies insluitend die verbetering van varkbehuising . Ander aspekte wat aandag kry binne die Pork 360 program is reëls en protokolle vir die invoer van genetika en ander varkprodukte . Pork 360 is ’ n waardevolle hulpmiddel om volhoubaarheid te dryf .”
SAPPO het die hulp van PwC ingeroep
24 GROND TOT MOND FEB | MRT 2023

“ Die styging van die mielieprys het meegebring dat 75 % van die varkboer se koste met 41 % gestyg het .”

en werk saam aan ’ n praktiese raamwerk vir volhoubaarheid met inagneming van diversiteit binne die varkbedryf . Die strategiese doelwit is om werkbare en volhoubare kriteria te ontwikkel met die oog op toekomstige finansieringsmodelle . SAPPO vergelyk tans die kriteria in die Pork 360-program met internasionaal erkende volhoubaarheidskriteria met die oog op toekomstige verbetering tot voordeel van hul lede en die hele bedryf , het Jolanda Andrag , Bedryfshoof by SAPPO verduidelik . SAPPO fokus ook op die kleinboere . “ Ons probeer om ’ n groter impak op hierdie deel van die sektor te maak en daarom fokus ons op bereikbaarheid , mentorprogramme , boeredae , voorligtingsdienste en digitale kommunikasie ,” het Kgadi Senyatsi , hoof van dié afdeling binne SAPPO verduidelik . Juis daarom het SAPPO ’ n ooreenkoms met die Wes-Kaapse Departement van Landbou waar die Provinsie se voorligters SAPPO se hand vat in opleidingsprogramme .