GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 105

DIE BOEKEBLAD

DIE BOEKEBLAD

KANAÄN BAREND VOS
Uitgewer : Lux Verbi
Kanaän is die verhaal van twaalf families wat na ‘ n woestyntrek op die drumpel van hulle bestemming huiwer . Lê die land wat aan hulle belowe is dan nie oorkant hierdie laaste rivier nie ? Dit is die aangrypende verhaal van die universele verlange na ‘ n ander lewe . Van die bykans onnaspeurbare onderskeid tussen geloof , bygeloof en brutale ongeloof . Dit word vertel deur die oë van Itamar , die onwillige hoëpriester , Ragab die prostituut en Josua die leier wat altyd wag op die Wolk .
OP PAD NA MOORMANSGAT - DIE VERHAAL VAN BILLY FOSTER EN KOOS DE LA REY CHRIS KARSTEN
Uitgewer : Human & Rousseau
Een aand in 1914 word Koos de la Rey op pad na ’ n rebellie noodlottig gewond . Die teiken was die bendelid William Foster . Dat De la Rey in die spervuur beland het , was pure toeval . Of was dit ? Die roman is ‘ n verweefde tapisserie waarin die verhale van vele vertel word : die storie van o . a . Billy Foster se dogter , Helena ; die trawalle van die hensopper Segrys Heyns en sy agterryer Tappies Mahlangu ; die speurtog van poliesman Isak Heyns .’ n Merkwaardige , hoogs leesbare geskiedkundige roman .
105 GROND TOT MOND FEB | MRT 2023