BOEDELBEPLANNING | FINANSIES
end so gebeur nie .
Werk aan ’ n realistiese plan vir aftrede wat werkbaar is vir die boerdery en vir die ouers , verstaan presies watter effek dood gaan hê op die langslewende ouer en ook op die boerdery . Betrek dan die kinders by die gesprek en verduidelik die planne en die redes hoekom dit so uiteengesit is . Hierdie kommunikasie het die groot voordeel dat dit verwagtinge na realistiese vlakke temper .
Maak die nodige veranderinge aan versekering ( bv . as Pieter nie meer dekking kan uitneem in bg . scenario nie , kan hy oorweeg om die begunstiging van sy huidige dekking te verander sodat net ’ n gedeelte van die boerdery skuld afgelos word en die boedery dan steeds beperkte maar hanteerbare skuld het na Pieter se dood , maar van die polis opbrengs begunstig kan word aan sy vrou vir haar versorging .)
Hierdie kommunikasie het die groot voordeel dat dit verwagtinge na realistiese vlakke temper .
HeroorWeeg jul HuIDIge ByDraes vir aftrede
Pas jul testamente aan in lyn met die ooreengekome plan .
Pas die trustakte aan indien nodig of stel ’ n omvattende wensebrief op met uiteensetting van jou huidige plan / wense .
Maak seker jy weet wie die opvolgende trustees gaan wees na jou afsterwe , want jy moet vertrou hul gaan jou wensebrief met respek hanteer en uitvoer , maar vertrou ook dat hul kan afwyk indien omstandighede dit noodsaak , juis omdat jy hul oordeel vertrou .
Heroorweeg jou plan ten minste elke paar jaar , want omstandighede verander en dis noodsaaklik dat jou plan dienooreenkomstig aanpas .
Dis op die ou einde net ’ n bietjie moeite en beplanning om te verseker dat daar harmonie is in die familie en dat daar geen onverwagte krisisse opduik by aftrede of dood nie .
104 GROND TOT MOND FEB | MRT 2023