GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 103

FINANSIES | BOEDELBEPLANNING
• Pieter voel hy wil nou al minder begin werk , miskien drie dae per week .
• Die realiteit is dat Pieter waarskynlik nie dieselfde salaris kan verdien as hy soveel minder werk nie , want Karel mag dan ekstra hulp nodig hê op die plaas en dit gaan meer kos . Verder gaan hy ook meer wil verdien as die verantwoordelikheid van die boedery dan grootliks op sy skouers rus . Wie moet dus wat verdien ? Wat kan die boerdery bekostig ? Wat is die implikasies hiervan vir Pieter wat befondsing vir sy aftrede betref en vir Karel wat versorging van sy jong familie betref en vir die vooruitgang van die boerdery self ?
• Bo en behalwe die salaris , bly Pieter en sy vrou in die groot plaashuis en Karel en sy gesin in ’ n kleiner huis op die plaas , en alle dienste word gedek deur die boerdery , asook hul voertuie , petrol , onderhoud en versekering . Kan die boerdery bekostig om hierdie kostes te dra tot Pieter en sy vrou se afsterwe ? Het iemand al die gesprek gehad rondom hoe lank Pieter en sy vrou nog in die groot plaasopstal gaan bly en wanneer hul na die kleiner huis trek sodat Karel en sy gesin in die groot huis kan intrek ? Wat gaan gebeur as Pieter en / of sy vrou versorging nodig het en nie meer op die plaas kan bly nie ?
kyk DIe feITe In DIe oë
Daar is geen ooglopende en maklike antwoorde vir al die vrae nie en my raad is dat jul net eers die feite moet ontleed , begryp en aanvaar waar jul nou is en ’ n plan saamstel van hoe om te kom waar jul wil wees .
So kan ‘ n plan van akSie Stap-virsTaP ImPlemenTeer WorD
Kry ’ n kundige om ’ n boedelontleding te doen en sit saam met die persoon , jul ouditeur en rekenmeester . Verstaan waar julle nou is en watter uitdagings die huidige situasie bied inaggenome almal se verwagtinge . Ongelukkigheid onder erfgename is gewoonlik omdat hy / sy ’ n verwagting gehad het van hoe hy / sy by aftrede of na dood van ’ n gade gaan kan leef , wat hy / sy gaan erf / op geregtig gaan wees , en dit dan nie op die ou
FEB | MRT 2023 GROND TOT MOND 103