GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 102

BOEDELBEPLANNING | FINANSIES
1 . Wanneer PIeTer Te sTerWe kom
• Wat gaan dit “ kos “ om dood te gaan ? Eksekuteursfooie , boedelbelastingopdekking betaalbaar aan die boerdery-maatskappy , boedeladministrasiekoste , transportkoste van die strandhuis , ens .
• Hoe word sy vrou versorg ? Hy voel die boerdery moet haar inkomste aanvul as haar eie kapitaal na sy dood nie voldoende is nie . Is dit ’ n redelike verwagting van die boerdery ( van Karel )? Watter effek sal die aflos van boerderyskuld hê op die kontantvloei in die boedery ?
• Hoe moet hy regverdig in sy boedelbeplanning voorsiening maak vir al drie sy kinders ? Karel boer reeds , sy gesin is gevestig en hul glo die plaas is hul toekoms . Amelia het wynkunde studeer , en kan beslis betrokke raak by die boedery , maar dis te vroeg vir spesifieke planne . Sy kan dalk nog trou en wegtrek ?
Jan dink glad nie op die tydstip aan plaas toe kom nie , maar mag dalk later besluit hy wil op ’ n manier ook betrokke raak ? Hoe moet Pieter voorsiening maak vir die moontlikhede ? Hoe gee hy ook vir Karel gemoedsrus dat sy toekoms beslis op die plaas gaan wees en dat hy nie bekommerd hoef te wees oor aansprake op die trust , boerdery kapitaal of inkomste deur sy broer en suster nie ?
Beteken dit Jan en Amelia erf dalk niks as dit so uitwerk dat Pieter en sy vrou se persoonlike boedels uitgeput raak voor sy dood ? Wat gebeur as Karel na sy ouers se dood besluit om die plaas te verkoop ? Moet Jan en Amelia dan kan deel in die trust kapitaal en indien wel , moet dit ‘ n gelyke verdeling wees of moet Karel krediet kry vir sy jare diens op die plaas en tot watter mate hy dit in sy tyd daar verder opgebou het ?
• Waar moet hy hierdie aspekte aanspreek ? In sy testament , in die trustakte of in ’ n wensebrief vir die trust ?
2 . as Hy WIl afTree
• Pieter en Karel verdien ’ n salaris uit die boerdery-besigheid wat in ’ n maatskappy bedryf word . Karel se salaris is tans nog baie minder as Pieter s ’ n .
102 GROND TOT MOND FEB | MRT