GROND tot MOND Feb | Mrt 2023 Uitgawe 14 | Page 100

BOEDELBEPLANNING | FINANSIES

Hoe vererf die plaas ?

Beste tyd vir ‘ n boer om ‘ n plan te maak is nou

Woorde : René Lötter
Boedelbeplanning van boere is tipies meer kompleks veral as gevolg van die feit dat die plaas bedoel is om oor generasies “ in die familie te bly ”. Die boer kan nie die plaas self aanwend of te gelde maak om kapitaal te voorsien vir aftrede of versorging van sy vrou na dood nie , en ’ n gelyke verdeling van die boedel tussen kinders is meestal onmoontlik .
Stap 1 – ‘ n volledige finansiële assessering van bates , inkomste , skuld , bereddersuitgawes , belasting en toekomstige uitgawes , is moeilik .
Stap 2 is die moeilikste – om die familie om ‘ n tafel te kry en te begin bespreek wie kry wat .
100 GROND TOT MOND FEB | MRT 2023