NUUS | BROKKIES
30 %
Sorghum benodig ongeveer 30 % minder water as mielies om te groei , wat dit een van die mees doeltreffende gewasse maak vir droogtegeteisterde streke en waterarm gebiede .
PANNAR SE ROL IN DIE SORGHUM-HERLEWING
Pannar bedryf een van die oudste sorghumteelprogramme in Suid-Afrika , wat in 1978 gestig is . Hierdie program fokus op die ontwikkeling van sorghumhibriede wat by plaaslike omstandighede aangepas is . Deur middel van proewe en die deel van produksie-inligting ondersteun hulle boere , groot en klein . Pannar dra ook finansieel en deur saadskenkings by tot Graan SA se projekte wat kleinboere aanmoedig om sorghum te verbou .
SORGHUM VIR ’ N BETER TOEKOMS
Sorghum kan help om Suid-Afrika se uitdagings op verskeie fronte aan te spreek : dit bevorder klimaatsveerkragtigheid , verbeter voedselsekerheid , en skep werksgeleenthede in landbou . Hierdie antieke graan het ’ n sleutelrol te speel in die moderne samelewing , en deur volgehoue innovasie en samewerking kan dit sy plek in Suid-Afrika se landboubedryf herwin .
Die tyd is ryp om sorghum se volle potensiaal te benut en ’ n sterker , gesonder toekoms vir die land te bou .
44 GROND TOT MOND DES 2024 | JAN 2025