Grond tot Mond Desember 2024 Januarie 2025 - Uitgawe 25 | Page 85

BROKKIES | NUUS

waardeketting geloods om die bedryf se toestand en potensiaal te bepaal . Sorghum is steeds die tweede belangrikste graan in Afrika na mielies en die vyfde belangrikste wêreldwyd .

Die studie stel voor dat sorghum-produksie na 500 000 ton per jaar verhoog word , met ’ n jaarlikse groei van 15 % in plaaslike verbruik en 250 000 ton per jaar se uitvoere . Hiervoor moet 100 000 nuwe hektare aan sorghum toegewy word , en die Oos-Kaap is geïdentifiseer as ’ n spilpunt vir sorghum-voedselverwerking , wat nuwe entrepreneursgeleenthede sal skep .

SAMEWERKING DEUR DIE SORGHUM CLUSTER INITIATIVE ( SCI )

Die SCI koördineer pogings om die sorghum-waardeketting te verbeter , insluitend genetika , saadontwikkeling , verwerking en bemarking . Die Departemente van Landbou en Wetenskap en Innovasie , saam met organisasies soos Graan SA en SANSOR , speel ’ n sleutelrol in hierdie inisiatief .

DES 2024 | JAN 2025 GROND TOT MOND 43