Grond tot Mond Desember 2024 Januarie 2025 - Uitgawe 25 | Page 60

BROKKIES | NUUS

te ondersteun . Die feit dat die regering hande gevou sit is ’ n bewys van sy ernstig agteruitgang . Dis onaanvaarbaar dat die regering nie sy verpligtinge teenoor die land se boere nakom nie . Hierdie droogte moet dadelik as ’ n ramp verklaar word ,” sê Tarien Cooks , rampbestuurspesialis vir AfriForum .

Die droogte duur al die afgelope 12 jaar in die gebied en die Suid-Afrikaanse Weerdiens ( SAWD ) voorspel dat die somerreënval vir die streek buitengewoon min gaan wees , wat nóg ’ n groter las op die boere gaan plaas .

“ Hierdie hulp oorbrug die huidige droogteperiode en die tyd wanneer daar weer geredelik voer beskikbaar sal wees . Dis tydelike verligting wat ons boere in staat sal stel om hul vee te onderhou totdat die natuur weer sy deel doen . Ons is baie dankbaar aan AfriForum vir sy volgehoue ondersteuning van die landbougemeenskap in hierdie uitdagende tyd ,” sê Francois Rossouw , Saai se hoof uitvoerendebeampte .

AfriForum doen ’ n beroep op die publiek om betrokke te raak by hierdie organisasies se pogings om droogtehulp aan boere te bied .

Ondersteun AfriForum se noodfonds om www . afriforum . co . za te besoek vir meer inligting . Bankbesonderhede vir AfriForum se noodfonds is as volg : Bank : Eerste Nasionale Bank | Rekeninghouer : AfriForum MSW | Takkode : 261550 | Rekeningnommer : 623 498 98 398 | Verwysing : Voer

DES 2024 | JAN 2025 GROND TOT MOND 31