NUUS | BROKKIES
Regering swyg terwyl AfriForum en Saai nóg droogtehulp stuur
AfriForum en Saai het die afgelope week ingetree om boere van die Noord-Kaap met droogtehulp te help nadat die regering nog nie hulp aan boere in die Williston-omgewing verskaf het nie . Die burgerregteorganisasie se Williston-tak , tesame met Saai , het 10 ton voer geskenk om die plaaslike gemeenskap en boere , wat gebuk gaan onder die voortdurende droogte , te ondersteun .
Die meeste boere in die omgewing het reeds tussen 60 % en 80 % van hul kudde verloor as gevolg van die ernstige droogte . AfriForum en Saai se skenking sal nou toesien dat 21 boere nagenoeg 6 500 kudde , bestaande uit skape , beeste en boerbokke , kan voer .
“ Hoewel die regering versuim het om hulpbronne na die gebied te stuur , het AfriForum ingetree om die boere
30 GROND TOT MOND DES 2024 | JAN 2025