Grond tot Mond Desember 2024 Januarie 2025 - Uitgawe 25 | Page 38

KOEITJIES & KALFIES

Maak jou somme mooi ! Beeste doen beter in so ‘ n geval , skaap is hoë risiko . Jou vraag lê by voer , spuitstowwe , dip , dose , lek , en arbeiders , diesel en slytasie , en diefstal is ‘ n werklikheid met skaap !

Boer gaan leen self geld by die bank en koop wat hy nodig het . Laat die sakeman hom by sy eie besigheid besig hou ! Hierdie ander goed is net ‘ n moer-mekaar-besigheid !! Dit werk maar selde ! Eindig op ‘ n bloedbek of twee of jare se hofsake !!

‘ n Klein insek met ’ n groot impak ( - Facebook )

Wat vir sommige as ’ n lastig beheerbare plaag in die tuin gesien word , is in Oaxaca , Suid-Mexiko , ’ n waardevolle hulpbron . Die karmynluisie word met sorg grootgemaak tussen turksvye en speel ’ n sleutelrol in die tekstielbedryf . Hierdie klein insekte produseer ’ n unieke , intense rooi kleur wat vesels soos sy en wol kleurvol en lewendig maak . Inheemste gemeenskappe het die gebruik van karmynluisies oor eeue heen behou - ’ n tradisie wat tot vandag toe voortleef en bewonder word .

20 GROND TOT MOND DES 2024 | JAN 2025