Grond tot Mond Desember 2024 Januarie 2025 - Uitgawe 25 | Page 37
KOEITJIES & KALFIES
Middag , gee asb raad . Boer het grond en infra-struktuur om skaapboerdery te begin , sakeman het finansies vir aankoop van diere . Wat sal regte split wees met aanteling as boer alles doen ?
( - Kom ons Boer )
Verliese word vervang uit aanteling , daarna word res 50 / 50 gedeel .
Derde vir die grond . Derde vir bedryfskostes . Derde vir die vee . Die waarde van die grond waarop die vee loop is meer as die waarde van die vee . As die boer nog al die werk moet doen en betaal vir al die uitgawes en die grond voorsien , verloor hy met ‘ n 50 / 50 verdeling .
Vat die bedrag wat die sakeman in die skape gaan belê en werk uit wat se rente hy by die bank op die geld sou kry per jaar . Werk dan uit wat die boer by die bank sou betaal om die geld te leen by die bank en tussen daardie twee somme se antwoord lê die antwoord op jou vraag .