Grond tot Mond Desember 2024 Januarie 2025 - Uitgawe 25 | Page 134

NASIONALE MEESTER-SUIWELBOER WENNERS

PIETER STEENKAMP VAN TWEEKOP BOERDERY , HEIDELBERG Melkprodusente moet die basiese dinge reg doen

Pieter is vanjaar aangewys as Meester-Suiwelboer van die Jaar in die medium-kategorie . Hy het op sy pa se skaap- en graanplaas grootgeword en aan die Universiteit Stellenbosch gestudeer , waar hy sy BSc-landbougraad met landbou-ekonomie en veekunde as hoofvakke voltooi het . Hy het ook ’ n honneursgraad in landbou-ekonomie en herkouervoeding verwerf – ’ n spesialisasie wat nou groot waarde in sy rol as suiwelboer bied . Sy loopbaan op die plaas het egter onverwags begin toe hy op sy eerste dag moes vragmotor ry , eerder as om in die melkery , sy voorkeurgebied , betrokke te raak .

Deon Engelbrecht van NOVA Feeds , die LNR Nasionale Mediumskaal Meester-suiwelboer van die Jaar Pieter Steenkamp ( Tweekop Boerdery , Heidelberg , Wes-Kaap ), en dr . Andrew Magadlela , LNR-Uitvoerende Groephoof : Veekunde .

68 GROND TOT MOND DES 2024 | JAN 2025