NASIONALE MEESTER-SUIWELBOER WENNERS
Liefde vir boerdery uit die hart Ngcobo glo dat sukses in boerdery slegs moontlik is as dit uit die hart kom . “ Drome om ’ n groot , kommersiële boer te word , is nie genoeg nie . Jy moet lief wees vir wat jy doen . Om te boer is nie maklik nie – van ver af lyk dit maklik , maar hoe nader jy kom , besef jy dit is harde werk .” Na meer as twee dekades in die suiwelbedryf leer hy steeds elke dag nuwe dinge . “ Daar is altyd uitdagings en jy moet balans vind – soos ek wat nou meer water vir my vee nodig het . Maar met die regte ingesteldheid en passie kan jy enige struikelblok oorkom .”
DES 2024 | JAN 2025 GROND TOT MOND 67