NASIONALE MEESTER-SUIWELBOER WENNERS
JACQUES THERON VAN HELDERSTROOM , BARRYDALE Dié manne kan melk
Jacques Theron , wat vanjaar ’ n spesiale eretoekenning tydens die 2024 Nasionale Meester- Suiwelboer-Toekennings ontvang het , is al dekades lank ’ n suksesvolle melkboer op sy plaas Helderstroom naby Barrydale .
Die eretoekenning is aan Jacques toegeken vir sy jarelange bydrae tot die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf . Sy toewyding aan die LNR se melkmetingstelsel , die genetiese verbetering van sy kudde , en sy leierskap as voormalige raadslid van die Melkprodusente-organisasie ( MPO ) en die SA Melkraad , maak hom ’ n gepaste ontvanger van hierdie eerbewys . Jacques het ’ n pragmatiese benadering tot die suiwel-
Jacques Theron ontvang die toekenning van Joyene Isaacs , LNR-Voorsitter en dr . Litha Magingxa , President en HUB van die LNR .
DES 2024 | JAN 2025 GROND TOT MOND 59