Grond tot Mond Des 2025 / Jan 2026 - Uitgawe 31 | Page 43
BROKKIES | NUUS
boere, sê dat niks van hulle aanbevelings deur die regering aanvaar is nie. Volgens al drie kenners is die grootste struikelblok administratief, wat volgens hulle die implementering van oplossings stuit. Hulle is dit eens dat die probleem nie by die wetenskap of die praktyk lê nie, maar by interne blokkasies binne die departement wat dringend aangespreek moet word.
Serfontein waarsku dat die impak van die huidige reëls verwoestend is.’ n Stoetboer wat sy diere inent, mag vir 12 maande geen vee verkoop nie,’ n beperking wat volgens Serfontein een boer tot R50 miljoen aan inkomste kan kos. Hierdie verlies spoel deur die hele waardeketting en raak ook kleinboere wat reeds broos is. Intussen het Suid Afrika die vermoë verloor om die siekte self te bestuur en is ons afhanklik van entstofinvoer uit Botswana.
Is daar’ n pad vorentoe?
Serfontein vertel dat hy met die President gepraat het, wat nie bewus was van die omvang van die krisis nie. Die President het volgens hom belowe om die regulasies te hersien. Odendaal sê dat vooruitgang eers moontlik sal wees wanneer die staat en die privaat sektor’ n funksionele vennootskap vorm. Die siekte kan bestuur word, soos Botswana en Namibië wys, maar dit verg samewerking en politieke wil.