Grond tot Mond Des 2025 / Jan 2026 - Uitgawe 31 | Page 42

NUUS | BROKKIES

14 miljoen beeste: die onhaalbare BKS-inenting

Die Departement van Landbou het onlangs aangekondig dat’ n plan glo gereed is om tot 14 miljoen beeste teen BKS in te ent. Dit klink bemoedigend, maar volgens drie van Suid Afrika se voorste landboukenners; Dr Theo de Jager, Nick Serfontein en Dr Danie Odendaal, is die prentjie heel anders. Hulle het in In Gesprek op kykNET gesels en’ n ontstellende blik op die werklikheid gegee.

’ n Plan sonder inhoud

Nick Serfontein, megaboer en voorsitter van die Sernick Groep, sê hy glo nie die plan bestaan in enige uitvoerbare vorm nie. Volgens hom is daar geen duidelike begrotings, tydlyne of stappe vir implementering nie. Dit is ondanks die feit dat’ n nuwe, hoogs effektiewe entstof reeds in 2023 geregistreer is. Dr Danie Odendaal, uitvoerende hoof van Vets Network, verduidelik dat die staat eenvoudig nie meer die kapasiteit het om die entstof op skaal te vervaardig nie. Waar Onderstepoort eens 95 persent van die land se entstowwe gelewer het, dra die privaat sektor nou die grootste deel, en hy vra waarom dieselfde model nie hier gevolg word nie.

Blokkasie en die koste van geen aksie

Dr Theo de Jager, voorsitter van SAAI en lid van’ n taakspan wat bestaan uit top wetenskaplikes en ervare

42 GROND TOT MOND DES 2025 | JAN 2026