BROKKIES | NUUS
’ n Span Afrika kundiges, waaronder prof Oliver Ruppel van die Universiteit Stellenbosch, het die modelwet ontwikkel in samewerking met die Pan Afrika parlement se komitee oor landelike ekonomie, landbou, omgewing en natuurlike hulpbronne. Hul werk is ondersteun deur verskeie internasionale vennote, insluitend die VN se Voedsel en Landbou organisasie, die VN omgewingsprogram, die Afrika grondvennootskap, die Afrika ministeriële konferensie oor die omgewing, die Klimaatreg Navorsingsentrum van die Universiteit van Graz en Duitse instansies vir omgewingsake en ekonomiese samewerking.
Wat die modelwet dek
Die modelwet, gebou op navorsing uit elf Afrikalande, help lidlande om sterker wetgewing en beleid vir die volhoubare gebruik, beskerming en herstel van grond te ontwikkel. Dit fokus op volhoubare landbou, voedselsekerheid, klimaatsaanpassing, grondbeplanning, beter databestuur en digitalisering. Ook aspekte soos openbare deelname, inheemse kennis, geslagsgelykheid, afdwinging en grondherstel maak deel van die raamwerk uit.
Waarom hierdie wet belangrik is
Prof Ruppel beskryf die modelwet as’ n moderne en vooruitskouende raamwerk wat Afrika se grond kan help dekoloniseer deur lande te bemagtig om hulle natuurlike hulpbronne op Afrika geleide en wetenskapgebaseerde maniere te bestuur.
Volgens hom sal die wet veerkragtigheid teen klimaatsverandering versterk, lewensbestaan verbeter en die verantwoordelike gebruik van die vasteland se mees funda-
DES 2025 | JAN 2026 GROND TOT MOND 27