Gesinswortels, moderne bestuur
BROKKIES | NUUS
Viljoen Boerdery het oor jare ontwikkel vanaf’ n gesinsplaas tot’ n dinamiese onderneming wat oor provinsiale en selfs landsgrense strek. Viljoen boer in Noordwes, die Vrystaat en Botswana – en bestuur graan, soja, mielies, beeste en wild as deel van’ n geïntegreerde portefeulje.
Wat die beoordelaars veral beïndruk het, is hoe die boerdery tegnologie gebruik om risiko te bestuur: presisie-toerusting, deeglike grondontledings, volhoubare bewerking en baie sterk fokus op data. Vir Viljoen is boerdery nie meer net’ n seisoenlike spel nie – dit is’ n bestuurstaak waar elke besluit, van plant tot oes, die volgende jaar se grondkwaliteit bepaal.
“ Hierdie toekenning is nie net vir my nie, maar vir my span en my familie,” het hy op die aand gesê.
DES 2025 | JAN 2026 GROND TOT MOND 21