Grond tot Mond Des 2025 / Jan 2026 - Uitgawe 31 | Page 20

NUUS | BROKKIES

Hansie Viljoen:’ n Boerdery wat wys hoe volhoubare diversifikasie lyk

Toe Hansie Viljoen van Viljoen Boerdery as die 2025 Graan SA / Syngenta Graanprodusent van die Jaar aangewys is, was dit nie net’ n persoonlike mylpaal nie. Dit was’ n viering van’ n boerderymodel wat wys hoe gesinne, tegnologie, grondgesondheid en goeie bestuur saam’ n sterk landbou-onderneming vorm. Die gala-geleentheid op 31 Oktober by Birchwood Hotel, onder die tema Legacy in the Land: The Art of Timing, het die perfekte agtergrond geskep om’ n produsent te vereer wat presies dié balans verstaan.

20 GROND TOT MOND DES 2025 | JAN 2026