Grond tot Mond Des 2025 / Jan 2026 - Uitgawe 31 | Page 116

PAUL BUTTON | GEMENGDE BOERDERY

BRANGUS-BEESTE EN’ N VISIE VIR DIE TOEKOMS

Beeste is die volgende faset van die boerdery. Die Brangus is Paul se voorkeurras. Dit is’ n kruising tussen Angus en Brahman. Die kruising het in 1932 in die VSA ontstaan. Die Brahman hanteer hitte en humiditeit goed. Die Angus het uitstekende vleisgehalte. Die ideale verhouding is 5 agtste Angus en 3 agtste Brahman.

“ Europese rasse doen nie goed in hierdie hitte nie. Die Brangus is ideaal vir ons omstandighede en speen mooi af.”

Die koeie het goeie melk, is uitstekende moeders en is poenskoppe. Paul wil graag sy eie bulle teel wat by die plaas se klimaat aangepas is.

“ Ons gaan waarskynlik vir die volgende tien jaar nie bulle verkoop nie. Ons fokus eers op die verbetering van ons eie kommersiële kudde.”

Die beesstelsel werk op die speenkalfmodel. Kalwers word teen sewe tot agt maande aan voerkraaloperateurs verkoop. Verse en jong bulle word gehou vir toekomstige teelt.

Links: Paul grawe aartappels uit wat onder besproeiing in die Umzimkulu-vallei ryp word. Onder:’ n Senterpivot besproei die mielielande wat deel vorm van sy wisselboustelsel.