Grond tot Mond Des 2025 / Jan 2026 - Uitgawe 31 | Seite 113

GEMENGDE BOERDERY | PAUL BUTTON

Die vraag ontstaan waarom’ n boer van suiwel sou wegbeweeg in’ n streek wat daarvoor bekend is. Die antwoord is eenvoudig. Die plaas was te klein en daar was geen ruimte om uit te brei nie.

“ En my oupa het al in die 1970’ s sitrus begin plant. Hy het selfs sy eie vrugte gepak en uitgevoer.”

“ En my oupa het al in die 1970’ s sitrus begin plant. Hy het selfs sy eie vrugte gepak en uitgevoer.”

Die sitrusseisoen begin middel April met suurlemoene. In Mei word die nawele gepluk. Daarna volg mandaryne en Valencias. Altesaam duur die plukseisoen ongeveer vyf maande.

“ Na die oes snoei en bemes ons. Ons doen ook

AREA: Robertson en Bonnievale in die Wes-Kaap. OPSOMMING: Hier wordgeboer met steenvrugte, sitrus, avokadopere, groente, wingerd, tamaties en pruime.

onderhoud aan die besproeiing en spuit chemikalieë as voorbereiding vir die volgende seisoen.”

ELKE HEKTAAR MOET TEL

Produksie word só beplan dat die arbeidsmag so lank as moontlik werk het. Kultivars word ook gekies sodat hulle nie op dieselfde tyd ryp word nie.

Islandview Plaas lê in’ n warm vallei. Dit verskil van omliggende gebiede waar ryp meer algemeen voorkom. Die streek kry sowat 750 mm reën per jaar. Die grond is diep en van goeie gehalte, hoewel effens kleierig. Die boorde word op riwwe geplant om ekstra diepte te skep. Met al hierdie faktore saam vaar sitrus uitstekend hier.

Sommige Valencia-kultivars doen egter swakker omdat die gebied nie genoeg hitteeenhede het nie. Dit is’ n probleem wat in streke soos Limpopo nie voorkom nie.