Grond tot Mond Des 2025 / Jan 2026 - Uitgawe 31 | Page 112

Woorde: Hein Eksteen Fotografie: Mia Truter
PAUL BUTTON | GEMENGDE BOERDERY

Woorde: Hein Eksteen Fotografie: Mia Truter

In die Umzimkulu-vallei, waar gemengde produksie die norm is en klimaatstoestande die boerdery sterk beïnvloed, ontmoet ons Paul Button van Islandview Plaas. Hier word sitrus, bees, mielies en aartappels as’ n geïntegreerde stelsel bestuur— met produksie wat doelbewus geskeduleer word om arbeidskapasiteit, grondgesondheid en opbrengs te optimaliseer.

AREA: Ixopo en die Umzimkulu-vallei in suidelike KwaZulu-Natal. OPSOMMING: Op Islandview Plaas boer Paul Button met sitrus, Brangus-beeste, mielies en aartappels.

Paul vertel:“ Ek het op die plaas grootgeword en is nou die vyfde geslag hier. Dit was vroeër’ n suiwelplaas. Omstreeks 1993 het my pa egter begin oorskakel na sitrus.”

Heel bo: Leon Rix woon al sy 75 jaar hier in Philippi, waar hy saam met sy gesin boer. Hier is hy saam met sy geliefde worshondjie, Bokka.