Grond tot Mond Aug-Sep 2025 Uitgawe 29 | Page 99

JONGBOER WENNER | TULPIESKRAAL

Villiersdorp en Grabouw, maar dat hulle probeer om dié verskil op te maak met vrugte van hoë gehalte.

“ Hul tonne is hoër as ons s’ n en produsente in daardie streke kan byvoorbeeld gemiddeld tussen 75 en 85 t / ha Pink Lady lewer, terwyl ons gemiddelde ongeveer 60 t / ha is. Ons gehalte moet dus baie beter wees om dieselfde opbrengs per hektaar te kan realiseer. Wat dit moeilik maak, is dat jy minder tonne het om dieselfde inkomste per ha te genereer. As hulle 80 t pluk en jy 60 t, het hulle 20 t meer om geld mee te maak. As hulle egter net 70 % uitpak kry en ons 85 %, gaan jy hulle steeds nie wen nie – so ons moet ons gehalte so hoog as moontlik hou. Die nuwe generasie plantmateriaal lewer hoër tonne, en ons moet daarheen werk. Jy moet nie altyd tonne jaag nie – daar is’ n balans tussen gehalte en opbrengs per hektaar.”

Op die baan staan die lang lyn van teikens wat sowel beginners as ervare skuts uitdaag.

AUG | SEP 2025 GROND TOT MOND 99