TULPIESKRAAL | JONGBOER WENNER
SONKRAG EN ENERGIEBEHEER
André vertel dat hulle ook gefokus het op die installering van sonkrag as teenvoeter vir die Eskom-probleme, wat noodsaaklik is vir hul pakstoor en koelkamers om stygende kostes so ver as moontlik te bekamp.
“ Ons het nou reeds 500 kW se sonkragpanele met 600 kW batterye. Dit hou ons tans vir drie uur aan die gang. Maar dit gaan meer oor Eskom se rooi en groen tye. Tussen 07:00 en 10:00 soggens en saans tussen 18:00 en 20:00 is dit rooi tye, en betaal ons tussen R1.00 per kW meer vir die krag. So ons laai die batterye met die goedkoop krag in die groen tye en met die son, en in rooi tye gebruik ons dan ons eie krag. Die besparing is groter, en boonop kan ons elektrisiteit terugpomp in die netwerk. In die afseisoen, as die koelkamers nie loop nie, sit ons alle sonkrag weer terug in die netwerk,” verduidelik hy.
Bo: Op Tulpieskraal naby Joubertina kombineer André Kritzinger moderne en tradisionele boerderystelsels: nuwe boordblokke met moderne nette, ouer boorde met drape nette.
90 GROND TOT MOND AUG | SEP 2025