TULPIESKRAAL | JONGBOER WENNER
goedkoper om te produseer, makliker om mee te werk, en die uitpakke is hoog.
“ Ons vervang elke jaar’ n gedeelte van die plaas en haal boorde uit wat nie meer goeie produksiesyfers lewer nie. Dan plant ons nuwe kultivars wat in die area aard en beter opbrengste lewer. Tans is ons fokus om te vervang, en so twee, drie jaar terug was die hooffokus om nette op te sit. Ons is so te sê klaar daarmee en sowat 80 % van die boorde is onder nette – die res is jong boorde wat nog in produksie moet kom. Ons sit die nette eers ná jaar vier op die nuwe boorde; dan is die leeftyd van die nette ook bietjie langer, maar die konstruksie is reeds daar met die vestiging van hierdie boorde.”
Bo: Ouer boorde word bedek met drape nette waar die nuwe vaste netstelsels nie geïnstalleer kan word nie.
88 GROND TOT MOND AUG | SEP 2025