Grond tot Mond Aug-Sep 2025 Uitgawe 29 | 页面 78

MEGA BOERE | SMUTS BROERS

haar familie na Europa getrek waar haar pa in die Eerste Wêreldoorlog geveg het. Hy het in die oorlog omgekom en die vroue het na Luzern in Switserland gevlug.

Kay, wat later met Sebastian Smuts getroud is, het teruggekeer na Suid-Afrika waar hulle in 1923 hul eerste plaas in die Robertson-distrik gekoop het. Die plaas het toe die naam Lucerne gekry. Ouma Kay wou baie graag haar eie boerdery hê en het veral met eende, hoenders en vee geboer. Heel gepas pryk’ n eend op Lozärn se bottel-etikette.

Links: Die nostalgie van die Smuts-familie se geskiedenis, wat terugdateer na die vroeë 1920’ s, is’ n fyn weerspieëling van die topwyne wat vandag in hul kelder, Lozärn Wyne, gemaak word. Regs: Salóme Buys-Vermeulen is in 2021 en 2022 onderskeidelik by die Lumo Awards en die SA Women’ s Wine & Spirit Awards as Vrouewynmaker van die Jaar aangewys.

78 GROND TOT MOND AUG | SEP 2025