Grond tot Mond Aug-Sep 2025 Uitgawe 29 | Seite 45

BROKKIES | NAMPO

aanmeldbare siektes duur voort, en deelnemers sal persoonlik ingelig word oor enige relevante ontwikkelinge. Die gesondheid van die vee én die veiligheid van deelnemers bly’ n topprioriteit.

Wol in die kollig: die Nasionale Vagskou Saam met die Classic plaas die BKB Nasionale Merino Vagskou die fokus op die ras se ekonomiese waarde. Vagte moet liggies afgewerk wees en ten minste 50 mm lank wees( C-lengte). Terwyl die meeste eienskappe objektief gemeet word, sal gehalte en visuele voorstelling op die tradisionele wyse beoordeel word. Vagte moet teen 15 Augustus 2025 by Oakdale ingehandig word. Vir indieningsbesonderhede, kontak gerus Robert Scott by 082 774 8763 of Corne Nel by 082 410 8898.

Vir navrae oor die BKB Merino Classic of die BKB Nasionale Vagskou kan Willie van Heerden by 082 571 2742 geskakel word, of’ n e-pos gestuur word na merinoram @ eastcape. net.

JUN | JUL 2025 GROND TOT MOND 45