Grond tot Mond Aug-Sep 2025 Uitgawe 29 | страница 41

BROKKIES | NAMPO

Landbou inligting en strategiese samesprekings

Georganiseerde landbou speel’ n sleutelrol in ondersteuning aan produsente. Lede van Graan SA, Vinpro, RPO en die Melkprodusente-organisasie kan strategieë bespreek in die Santam Ouditorium. SA Stamboek sal gesprekke lei oor teeluitnemendheid in melkbeeste, vleisbeeste en kleinvee.

Tentverblyf op die terrein

Vir die eerste keer is daar luukse en standaard tente vir tot 150 mense beskikbaar op die terrein. Geriewe sluit in privaat parkeerplek, 24 / 7 sekuriteit,’ n kuier-tent en toegewyde ablusies. Minimum bespreking van vier nagte via Antionette Events: admin @ antoinetteevents. co. za

Toegangskaartjies is vanaf 1 Julie 2025 aanlyn beskikbaar by www. ticketpros. co. za, met afslag op toegangsfooie vir aanlynaankope, teen R100 vir volwassenes. Kaartjies sal by die hekke te koop wees teen R110 vir volwassenes en R50 vir kinders. Voorskoolse-kinders kry gratis toegang.

Ekspo Ure: 10- 12 September: 08:00- 17:00 13 September: 08:00- 14:00

AUG | SEP 2025 GROND TOT MOND 41