Grond tot Mond Aug-Sep 2025 Uitgawe 29 | Page 40

NAMPO | BROKKIES

Boereplanne-kompetisie bied groot pryse en erkenning vir plaaslike innovasie

Die gewilde Boereplanne-kompetisie, geborg deur Omnia Nutriology ®, keer terug na NAMPO Kaap met prysgeld van meer as R50 000 en’ n fokus op plaaslike innovasie. Hierdie platform gee boere, studente en leerders die geleentheid om hul vindingryke oplossings vir landboubestuursuitdagings te wys en nasionale erkenning te verdien.

Volgens Donald Brink, verkoopsbestuurder by Omnia, was verlede jaar se kompetisie’ n groot sukses met 37 inskrywings in verskeie kategorieë. Bekende skole soos Pionier, HTS Drostdy en Hoër Landbouskool Oakdale het reeds deelgeneem. Vanjaar kan die skole-afdeling moontlik verder verdeel word in houtwerk, pas-en-draai, konstruksie, elektrisiteit en metaalwerk.

Die kompetisie is oop vir agt kategorieë, waaronder nuwe ontwerpe, aangepaste toerusting, gereedskap en toebehore, huishoudelike en tuinoplossings, asook’ n oop kategorie vir unieke planne onder R5 000. Daar is ook afdelings vir jong ontwerpers, kommersiële ontwikkelings en digitale voorleggings vir projekte wat nie fisies uitgestal kan word nie.

40 GROND TOT MOND AUG | SEP 2025