Grond tot Mond Aug-Sep 2025 Uitgawe 29 | Page 36

NAMPO | BROKKIES

Die Neptun Deli-saaltjie fokus vanjaar op kulinêre bederf met wyn, droëvrugte, olywe en handgemaakte produkte. Wynproe en-verkope sluit in Blaauwklippen, Perdeberg Wines, Swartland Wines en Van Loveren. Ander lekkernye sluit in Cape Dried Fruit Packers se produkte, Goeie Geite se bok- en koeimelkkaas, en geurmiddels en souse van Burst Botanicals, Epa! Craft, Spiceologist en Met Liefde. Rio Largo bied bekroonde olyfolie, terwyl Karoo Pak produkte van granate, soos sap, bier en gin, wys. Selfs Neptun Boot se veiligheidstewels is te sien.

Veer- en vleisrasse van wêreldgehalte by Landbankveetentoonstelling

By die Landbank-veetent kan besoekers’ n indrukwekkende verskeidenheid bees-, skaap- en bokrasse sien. Onder die hoogtepunte is Chianina-beeste van Italië, Limousin, Santa Gertrudis, Pinzgauer en die inheemse Boran. Sussex, Tuli en Braunvieh beklemtoon gehardheid en veelsydigheid, terwyl die geliefde Jersey-koei bekend is vir haar hoë bottervetinhoud.

36 GROND TOT MOND AUG | SEP 2025