Grond tot Mond Aug-Sep 2025 Uitgawe 29 | Page 35

BROKKIES | NAMPO

se inheemse skoonheidsprodukte en Floraland Fresh met vars blomme in. Besoekers kan selfs die skaars kans kry om Floraland se droë blomme te koop, wat normaalweg net vir uitvoer beskikbaar is.

Proe jou pad deur NAMPO Kaap

NAMPO Kaap bied meer as trekkers en tegnologie – dis ook’ n fees vir fynproewers. Van die eerste koffie tot die laaste soethappie wag daar iets vir elke smaak.

Die Suideroord Tehuis vir Bejaardes se teetuin bring ouma se kombuis tot lewe met pasteie, afval en gemmerbier, terwyl Colin’ s Kudu Stall wildgeregte en kerriesosaties aanbied. Wyoming Spur, Dik Frik en NewYorks Pizzaria voorsien burgers en vars pizza’ s, en vir soettande is daar Mamaliousis se roomys, ACVV se pannekoeke, Hectic Biltong, Cobi’ s, Chip’ n Dip en oliebolle. Napier Garden Café bied maaltye, soethappies en drankies, terwyl Coffee Café en Hoërskool Bredasdorp vir sterk koffie sorg. Vir iets uniek kan besoekers skaapkop-middagetes in die Bistro geniet, wat fondsinsamelings vir bejaardesorg ondersteun.

JUN | JUL 2025 GROND TOT MOND 35