Grond tot Mond Aug-Sep 2025 Uitgawe 29 | Page 31

BROKKIES | NAMPO

Hemelhoë avontuur wag by NAMPO Kaap As’ n helikoptervlug nog op jou bucket list is, bied Overberg Aviation jou nou die kans om dit by die ekspo te ervaar. Vir die eerste keer neem hulle besoekers op panoramiese toere oor die pragtige Overberg – van kort drie-minute adrenalienritte tot langer vlugte oor Bredasdorp, Kaap Agulhas en langs die kus.

Met die betroubare Bell 206 JetRanger en ligte Robinson R44 vlieg gesertifiseerde vlieëniers volgens streng veiligheidsmaatreëls. Vlugte begin by R950 per persoon. Bespreek by die Overberg Aviation-stalletjie of bel 082 500 8963 – plek is beperk, so bespreek vroeg.

Santam-vroueprogram beloof inspirasie, stories en musiek. Burre Burger, sameroeper van die NAMPO Kaap / Santamvroueprogram, bring weer’ n opwindende en veelsydige program na die groot wit tent – gratis vir dames én die manne wat wil saamkuier. Van diep, roerende verhale tot lagwekkende oomblikke en asemrowende musiek, daar is iets vir elke smaak. Soos verlede jaar sal’ n groot skerm buite die tent opgestel wees om ekstra plek te bied vir wanneer die tent vol is.

AUG | SEP 2025 GROND TOT MOND 31