Grond tot Mond Aug-Sep 2025 Uitgawe 29 | Page 30

NAMPO | BROKKIES

Gesprekke wat boere-inspirasie aan die brand steek by NAMPO Kaap 2025

Die Santam-ouditorium by NAMPO Kaap 2025 is die ontmoetingsplek waar produsente, landboukundiges en ander rolspelers idees deel, kennis verdiep en oplossings soek vir vandag en môre se boerdery-uitdagings. Met’ n verskeidenheid sessies en interaktiewe vraag-enantwoordsessies, wissel die gesprekke van wyn en gars tot teelverbetering en groenteproduksie.

Vinpro bring wynkennis na die tafel met besprekings oor praktiese uitdagings, alternatiewe energie, diere-integrasie in wingerde en strategiese handelsmerkontwikkeling. Graan SA fokus op garsproduksie, met’ n paneel wat marktoegang en kwaliteitstandaarde bespreek. SA Stamboek bied insig vir teelbesluite, met klem op volhoubare winsgewendheid, bio-sekuriteit en doelgerigte teelprogramme. Die reeks sluit af met’ n seminaar oor groenteproduksie, waar volhoubare waterbestuur, geïntegreerde plaagbeheer en nuwe markgeleenthede onder die loep kom.

30 GROND TOT MOND AUG | SEP 2025