Grond tot Mond Aug-Sep 2025 Uitgawe 29 | Page 27

BYDRAERS

Rekordprys vir La Rhone Limousin-bul

AJ du Toit van Tulbagh in die Wes-Kaap leef en asem Limousins. Sedert 2000 het hy sy boerdery, La Rhone Limousins, met sorg en toewyding opgebou en dit in’ n suksesverhaal verander. Hierdie beeste is bekend vir hul maer vleis en aanpasbaarheid, en AJ het dit reggekry om deur streng seleksie genetika van wêreldgehalte in sy trop te vestig.’ n Hoogtepunt was vroeër vanjaar toe die bul La Rhone Ecstacy LR2351 vir’ n rekordprys van R650 000 onder die hamer gegaan het tydens die Limousin Leading Lady-veiling. Vir AJ was dit nie net’ n groot oorwinning nie, maar ook’ n kans om sy boerdery verder uit te brei en ander boere in Suidelike Afrika van top studbulle te voorsien. Hy glo sterk dat volhoubare praktyke en slim teelt die pad vorentoe is, en sy kudde dien as bewys dat harde werk en geduld werklik vrugte afwerp. Vandag is La Rhone Limousins nie net’ n plaas in Tulbagh nie, maar’ n voorbeeld van hoe Suid-Afrikaanse beesboerdery kan lyk wanneer passie en volgehoue toewyding saamspan.

Foto: Dewald Kirsten

AUG | SEP 2025 GROND TOT MOND 27