SANDKOPDRIF | BEWARINGS LANDBOU
Die verbouing van voer is van uiterste belang om produsente deur die maer tye te help. Dit is ook belangrik dat hulle so min as moontlik voer hoef aan te koop.
produsent se voerbank te beskerm en volhoubaar te bestuur. Hierdie voerbank is natuurlik die veld self.
“ Daar en dan het ek besluit dit help nie om meer skaap aan te hou vir ʼn groter inkomste nie. As jy jou veld goed bestuur, kan jy oor die langer termyn met minder diere net soveel geld maak, indien nie meer nie. Veld is baie sensitief en moet dus met omsigtigheid gebruik word.”
Hoe meer die produsent uit die veld onttrek, hoe minder bly daar oor. Dit is veral belangrik in droogtetye om reserweveld beskikbaar te hê wat vir twee of drie of selfs meer jaar as buffer kan dien, om te voorkom dat reuse hoeveelhede voer aangekoop moet word. Want dit is’ n werklikheid wat maklik’ n plaas kan laat ondergaan.
“ En dit is nie net vir jouself belangrik nie. Hierdie veldbewaring moet jy oordra aan die volgende geslagte. Ons het hier’ n gesegde: Die pa boer homself tot’ n miljoener en sy seun speel hom daarna bankrot.”
Coenrad, as iemand in die Namakwaland daardie brood-nodige praktiese handleiding kan skryf, is dit jy.
130 GROND TOT MOND AUG | SEP 2025