Grond tot Mond Aug-Sep 2025 Uitgawe 29 | Page 129

BEWARINGS LANDBOU | SANDKOPDRIF

slag moes word om die hoogs gesogte pelse te lewer. Voer is van kardinale belang. Die Dreyers doen merendeels hul eie voerverwerking en koop net die minimum aan.

Beide pa en seun lyk soos hulle moet lyk- mans wat hard en teen tyd werk.

Verlede jaar was’ n baie goeie oesjaar en hulle kon groot hoeveelhede voer aan ander produsente verkoop. Maar maak dit nie sin om van daardie voer te hou vir die droër jare nie?

Nie regtig nie. Voer kan nie vir jare lank geberg word nie, hoewel Jasper vertel dat hulle al hawer vir sewe jaar gestoor het. Daarbenewens is stoorgeriewe nodig en die oprigting daarvan kos geld.

Hulle het wel’ n paar store wat hulle vol hou vir die wis en die onwis. Terug by die belangrikheid van bewaringslandbou. Die saadjie vir hierdie vorm van bewaring is reeds in Coenrad se vroeë jare geplant deur die Departement van Landbou se voorligtingsbeamptes. Die fokus was om die

JUN | JUL 2025 GROND TOT MOND 109