Woorde: Hein Eksteen | Fotografie: Xseeds
SANDKOPDRIF | BEWARINGS LANDBOU
Sandkopdrif- dis Namakwaland op sy beste
Woorde: Hein Eksteen | Fotografie: Xseeds
Weens die reën wat vroeër die week geval het, is al wat’ n produsent is aan die ploeg om gars, hawer en dies meer te plant om as aanvullende voer te dien( dit is natuurlik produsente met grond waarop gesaai kan word).
Op die Kotzesruspad volg ons Jasper Dreyer na waar sy pa, Coenrad, op die plaas Sandkopdrif ploeg. Ons volg basies die stofwolk agter die trekker en die ploeg.
Hierdie is’ n besige tyd van die jaar en produsente het nie tyd om met die media te mors nie – wat nog te sê van gaan opdollie vir’ n fotosessie. Beide pa en seun lyk soos hulle moet lyk- mans wat hard en teen tyd werk.
Coenrad Dreyer is’ n sprekende voorbeeld van die Namakwalandse produsent. Wysgeer, filosoof en iemand wat die kuns van storievertel verstaan.
120 GROND TOT MOND AUG | SEP 2025