BOORDTEGNOLOGIE
en selfs sonder hierdie aspek betaal die hernubare stelsels taamlik vinnig vir hulself. Die gemiddelde terugverdientyd van onkoste aangegaan om na sonkrag oor te skakel, is tussen twee en vier jaar, voor die inrekening van die SARS 12B-toegif. Met SARS 12B in aksie verkort die terugbetaaltydperk tot onder drie jaar.
Danie glo dat masjienleer en kunsmatige intelligensie reeds ingespan word om sulke stelsels te bestuur.
“ Ons gebruik reeds kunsmatige intelligensie om kliënte-rekeninge te analiseer, wat ons help om vinnig’ n akkurate behoeftebepaling te kan maak. 2Zero50 is besig om die integrasie van verbruikerspatrone, spesifiek tot’ n boerdery, te integreer met die plaaslike weersvoorspelling en Eskom se netwerkstabiliteit om battery-aanwending te optimaliseer. Ons slim beheerstelsels neem reeds die meeste hiervan in ag, maar die masjienleer van verbruikersdata is steeds in toetsing.”
MEGANIESE INNOVASIES
Wanneer meganiese boordtegnologie ontwikkel word, moet in gedagte gehou word dat die meeste vrugteboorde nie oorspronklik vir die gebruik van meganiese boordmasjiene ontwerp en aangeplant is nie. Boorde, veral dié wat reeds lank in produksie is, is vir tradisionele boerderypraktyke aangeplant en is nie altyd geskik vir moderne toerusting nie.
Nuwe boorde word nou meestal daarvoor beplan, met rywydtes vir selfaangedrewe snoeimasjiene en plukplatforms, nouer spasiëring vir meer kompakte masjiene soos klein boord-trekkers, plantdigthede in hoë- of superhoëdigtheidsboorde. Die draairuimte aan die punte van rye word aangepas, boom-hoogtes en-vorme word
AUG | SEP 2025 GROND TOT MOND 117