AARTAPPELS | VIRUSBEHEER
Aartappels is die vierde belangrikste voedselgewas ter wêreld , naas koring , mielies en rys . Suid- Afrikaners verbruik meer as 1,8 miljoen ton aartappels per jaar , en die aartappelmark in Suid- Afrika toon steeds groei . Volgens Potatoes SA het Suid-Afrikaners in die afgelope dekade dubbel soveel aartappels geëet as in die vorige een .
As gevolg van die hoë kunsmisvereistes en die koste van saadaartappels , is aartappels ‘ n duur gewas om te kweek . As jy nie by die beste praktyke hou nie , kan dit jou duur te staan kom . ‘ n Effektiewe spuitprogram en goeie bestuur is van kardinale belang .
Een van die grootste bedreigings vir aartappel-produksie is aartappelvirusse . Hierdie virusse kan ernstige siektes veroorsaak wat die opbrengs drasties kan verminder . In teenstelling met diere , wat ‘ n immuunstelsel het wat virusse kan bestry , is plante nie in staat om virusse self te beheer nie . Wanneer ’ n plant besmet raak , bly dit besmet vir die res van sy lewe .
26 %
Die persentasie van die wereld se aartappels wat China geproduseer , wat neerkom op 99.2 miljoen ton per jaar .
49 841 ha
Die hoeveelheid hektaar onder aartappelproduksie in Suid-Afrika in 2023 .
49 t / ha
Die gemiddelde opbrengs van aartappels in Suid-Afrika in tonnemaat per hektaar . ( Die gemiddelde opbrengs is 17 t / ha in China en Rusland , en internasionaal tussen 19.3 t / ha en 21.4 t / ha ).
30 GROND TOT MOND AUG | SEP 2024