Grond tot Mond April-Mei 2025 - Uitgawe 27 | Page 85

BROKKIES | NUUS

Terwyl Suid-Afrika se natuurlike habitat krimp, wys Rooibosboere in die Cederberg dat daar oplossings is wat boerdery en natuurbewaring kombineer. Volgens Marthane Swart van die Rooibos Raad gebruik al hoe meer boere hul grond nie net vir Rooibos nie, maar ook om bedreigde spesies en plante te beskerm. Dink aan die Kaapse luiperd wat nog in die berge rondsluip, maar al hoe minder plek het. Sommige boere werk saam met organisasies soos Cape Leopard Trust om hul grond ook as bewaringsgebiede te gebruik –’ n wen vir mens én natuur.

Die Kaapse luiperd,’ n majestueuse en bedreigde spesie, word aktief beskerm deur die Cape Leopard Trust met fokus op sy krimpende habitat en oorlewing.

APR | MEI 2025 GROND TOT MOND 43