Grond tot Mond April-Mei 2025 - Uitgawe 27 | Page 70

NUUS | BROKKIES

Die room van die oes is …’ n roomkaas!

’ n Romerige mascarpone met vye en pekanneute, gemaak deur RFG Foods in Simondium vir Woolworths, is op Dinsdag 8 April 2025 as Suid-Afrika se Suiwelproduk van die Jaar aangewys tydens die gesogte Suid-Afrikaanse Suiweltoekennings.

Hierdie dekadente nageregkaas het nie net beoordelaars bekoor nie, maar ook die kompetisie oorheers teen 1 110 inskrywings van 77 vervaardigers wat die grootste in die geskiedenis van die Suiwelkampioenskappe is.

36 GROND TOT MOND APR | MEI 2025