Grond tot Mond April-Mei 2025 - Uitgawe 27 | Page 69

BROKKIES | NUUS

Maar dit gaan nie net oor ou resepte nie – daar is ook plek vir nuwe, kreatiewe kombinasies wat die mark verstom.“ Preserveerprodukte is nou‘ n belangrike deel van die voedselbedryf en hierdie kampioenskap gaan help om standaarde te verhoog en klein en groot produsente‘ n platform te gee om hul talent te wys,” sê Jooste.

‘ n Kompetisie met‘ n bewese resep

Volgens Milford is hierdie kompetisie geïnspireer deur die groot sukses van die Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe –‘ n kompetisie wat al sedert 1834 gehou word en jaarliks rekordinskrywings verbreek.“ Ons weet hierdie preserveerkampioenskappe gaan net so‘ n groot impak hê op die bedryf en vir verbruikers meer vertroue bring in die produkte wat hulle koop.”

Hy voeg by dat Agri-Expo, wat al vir 194 jaar bestaan,‘ n trotse geskiedenis het van die bevordering van landbou en agri-verwerking.“ Die preserveerkampioenskappe skryf‘ n nuwe hoofstuk in hierdie ryk geskiedenis en bied‘ n geleentheid om entrepreneurs, kleinskaalse boere en gevestigde vervaardigers‘ n kans te gee om erkenning te kry.”

Belangrike datums en inskrywings

Die Suid-Afrikaanse Preserveerkampioenskappe se inskrywings open op 5 Mei 2025 en sluit op 25 Junie 2025. Beoordeling vind op 23 Julie 2025 plaas en die wenners word in Augustus 2025 aangekondig. Enige kommersiële preserveerproduk kan inskryf.

Vir meer inligting, besoek https:// preservechamps. co. za

APR | MEI 2025 GROND TOT MOND 35