Grond tot Mond April-Mei 2025 - Uitgawe 27 | Page 55

NUUS | BROKKIES

Sjoe kyk daai soja! Kynoch-boer sien fenominale resultate

Kynoch se span in die Noordelike Streek het onlangs’ n besoek afgelê aan een van ons boere wat baie tevrede is oor sy sojaboonoes. En met reg! Die resultaat van’ n doelgerigte bemestingsplan wat spesiaal vir sy lande opgestel is, het gelei tot uitsonderlike groei en ongelooflike opbrengspotensiaal.

Het jy geweet, die klimaat en grondtoestande van Suid-Afrika se Noordelike Streek kan uitdagend wees vir sojaproduksie. Maar met die regte bemesting en presisieboerderypraktyke, is dit moontlik om opbrengste te optimaliseer én winsgewendheid te verhoog.

Van wortel tot peul is hierdie resultate moontlik met presiese voeding en’ n plan wat werk. Dis boerdery op sy beste, danksy Kynoch. Foto: Thobeka Manyathi, Kynoch

Is jy gereed om jou gewasse se volle potensiaal te ontsluit? Kontak hulle by 011 317 2000 of besoek www. kynoch. co. za.

28 GROND TOT MOND APR | MEI 2025