HANDIG & NUTTIG
DFT Steel & Structures Skaapdrukring
DFT Steel se nuutste skaapdrukring is ontwerp vir gemak en doeltreffendheid. Dit vou maklik oop en kan binne minute opgestel word, wat dit ideaal maak vir boere wat hul vee vinnig en sonder moeite wil hanteer. Die kompakte ontwerp vergemaklik vervoer en berging, terwyl die stewige konstruksie vir duursaamheid sorg. Dit word in al DFT Steel se kleinvee-eenhede gebruik, insluitend die AP- en SLM-reekse. Die SLM-500 model hou tot 500 skape.
Prys op aanvraag- sales @ dftsteel. co. za
16 GROND TOT MOND APR | MEI 2025