NUUS | BROKKIES
Stephan.“ Hul gereelde en noukeurige velddata help ons om die optimale skedulering van plaagdoders te bepaal. Dit spaar kostes, verminder die aantal spuite wat ons toedien en voorkom skade. Hierdie diens gee ons gemoedsrus en help ons om opbrengs te verbeter.”
Steenekamp beklemtoon dat InteliGro‘ n geïntegreerde plaagbestuurstrategie volg, wat chemiese en biologiese oplossings met verbouingspraktyke soos bewerking en besproeiing kombineer.“ Ons wil volhoubare boerdery ondersteun en klimaatsuitdagings pro-aktief aanspreek. Hierdie program bevorder beide ekonomiese voordele en‘ n kleiner omgewingsvoetspoor, wat aartappelboerdery vir toekomstige geslagte verseker.”
VOLHOUBAARHEID VERG SAMEWERKING EN INNOVASIE
Alhoewel Suid-Afrika net 1 % van die wêreld se aartappels produseer, glo Steenekamp dat die gewas beduidende potensiaal het om uit te brei.“ Aartappels is‘ n voedsame basiese voedingsbron wat‘ n belangrike rol in voedselsekuriteit en die stryd teen armoede kan speel.”
Suid-Afrika is in‘ n ideale posisie om verbruikers heeljaar van vars aartappels te voorsien, met ongeveer 52 000 hektaar aartappels wat jaarliks aangeplant word. Dit sluit die Sandveld in, waar aartappels heeljaar verbou word, terwyl ander provinsies seisoenaal produseer.
“ Om volhoubaar te boer in droëland- en besproeiingsgebiede, moet ons omgewingsuitdagings soos klimaatsverandering, siektes en insekplae oorkom. Klimaatsfaktore soos temperatuur en humiditeit beïnvloed die lewensiklus van insekte direk,” sê Steenekamp.“ Die bedryf het voorheen tot‘ n groot mate op produkte staatgemaak wat nou as CMR( karsinogenies, mutagenies en reproduktiewe
70 GROND TOT MOND APR | MEI 2025