Grond tot Mond April 2026 - Uitgawe 34 | Seite 70

KLEINBERG & HEXVINES | VOLHOUBAARHEID

BEHEER OOR GEHALTE, VAN PAKSTOOR TOT RAK

Johan vertel hulle kry daagliks bestellings van Woolworths nasionaal wat aandui watter druiwe verlang word – swart, wit, rooi of pienk, asook gemengde verpakkings. In die wit- en rooiklas verpak hulle buiten die 500 g-punnets ook 1 kg-verpakkings. Die druiwe moet dan gepak, verkoel en by’ n sentrale verspreidingsentrum afgelewer word vir verdere verspreiding na Gauteng, KwaZulu-Natal en die res van die Kaap.

“ Ons doen alles self in hierdie ketting omdat ek daarvan hou om so lank as moontlik beheer oor ons produkte te hê. Dit sou selfs nog beter gewees het as ons dit self op die rakke kon pak. Ons is verantwoordelik vir die gehalte van die druiwe tot op die sell-by date. Selfs op die laaste

Onder: Moderne koelkamerinfrastruktuur speel’ n kritieke rol in die sukses van varsprodukverspreiding.

70 GROND TOT MOND APR MRT 2026