Grond tot Mond April 2026 - Uitgawe 34 | 页面 68

KLEINBERG & HEXVINES | VOLHOUBAARHEID

DIE WOOLWORTHS-KEERPUNT

Hul skeidingsjaar het in 1994 gekom toe iemand op die plaas opdaag en vra of hulle al hul druiwe aan Woolworths sal lewer. Hoewel hul besigheid toe nog relatief klein was, het Johan dit as waardetoevoeging tot hul uitvoerbesigheid gesien. Vandag verskaf hulle 70 % van hul eie produkte aan Woolworths en voer net uit wat nie aan dié mark voldoen nie.

“ Ek voer dus eerder in om aan Woolworths te lewer en voer ons eie druiwe uit, omdat ons net die beste vir ons kliënt wil bied.”

“ Met deregulering het ons oorgegaan van produksie na bemarking, en dit was meer my veld. Ek het dit meer geniet omdat die bedryf in die verlede’ n worsmasjien was en toe’ n besigheid geword het.

Onder: In die koelkamer wag duisende kartonne druiwe, gereed vir verspreiding na markte regoor die land.

68 GROND TOT MOND MRT APR 2026