VOLHOUBAARHEID | KLEINBERG & HEXVINES
Bo: Plakkers wat die herkoms van die druiwe en die kultivar aandui, word op die punnets geplak.
Klipheuwel, die plaas waar ons gesels, was waar hy sy wortels moes vind, iets waarvan hy aanvanklik nie gehou het nie.
“ Die eerste paar jaar was swaar, en al word jy op’ n plaas groot, beteken dit nie jy kan boer nie. Oom Jan Vermeulen het hom gelukkig oor my ontferm en my touwys gemaak.”
’ N BEDRYF WAT VERANDER HET
Hy vertel dat die deregulering van die sagtevrugtebedryf in 1994 hom gered het, aangesien hy meer in die bemarkings- en finansiële kant van die bedryf belanggestel het. Die eenkanaalbemarkingstelsel is opgeskort, en produsente kon hul eie ding begin doen totdat dit te veel geraak het en sowat 114 uitvoerders aktief was wat met mekaar begin kompeteer het.
APR 2026 GROND TOT MOND 65