VOLHOUBAARHEID | KLEINBERG & HEXVINES
EIENAAR: Johan Kriegler AREA: Hexriviervallei, Wes-Kaap OPSOMMING: Kleinberg is’ n vooruitstrewende tafeldruifplaas in die Hexriviervallei waar familie-waardes, innovasie en sterk verhoudings die kern van die boerdery vorm. Met’ n fokus op gehalte en’ n lang vennootskap met Woolworths, bou hulle aan’ n vol-houbare toekoms.
Bo: In die Hexvines-kwekery op die plaas word wingerdstokke namens produsente grootgemaak voordat dit op die plase gevestig word.
As jou verskaffingsooreenkoms egter met een van Suid- Afrika se voorste varsproduktekleinhandelaars is, is dit sekerlik nie’ n slegte mandjie om te kies nie.
Dis besig op die plaas, al is dit hierdie tyd van die jaar amper die einde van die oesseisoen in die Hexriviervallei. Nuwe koelkamers is in aanbou, die pakstoor stoom voort en die kwekery doen baanbrekerswerk wat die span aan die voorpunt van nuwe planttegnologie plaas.
VAN FAMILIEWORTELS TOT KLEINBERG
Johan se oupa het die grondslag vir hierdie suksesvolle tafeldruif-produsent kort ná die Tweede Wêreldoorlog gelê.
MRT APR 2026 GROND TOT MOND 63